Produksie en kwaliteit van ‘n aantal grasspesies in die Combretum? veld van noord?transvaal
- 1 January 1985
- journal article
- research article
- Published by Taylor & Francis in Journal of the Grassland Society of Southern Africa
- Vol. 2 (4) , 26-30
- https://doi.org/10.1080/02566702.1985.9648015
Abstract
Die produksie en kwaliteit van vyf spesies (Themeda triandra, Heteropogon contortus, Digitaria eriantha var. pentzii, Schmidtia pappophoroides en Eragrostis rigidior) is by verskillende frekwensies van ontblaring op ontbosde en onontbosde bosveld gemeet. In die daaropvolgende jaar is intensiteit bygebring met minder frekwensies en is die spesies na drie verminder (H. contortus, D. eriantha var. pentzii, en S. pappophoroides). Ontbossing het by al die spesies, behalwe D. eriantha var. pentzii ’n hoogsbetekenisvolle verhoging in produksie tot gevolg gehad, sonder enige noemenswaardige invloed op kwaliteit. Die spesies het verskil in hul reaksie op frekwensie van ontblaring, maar die 3‐ weeklikse en jaarlikse ontblarings het byna deurgaans swakker as die 6‐ en 9‐weeklikse onblarings presteer. Alhoewel die spesies aanvanklik in twee groepe verdeel en aan verskillende stelle ontblaringsintensiteite onderwerp is, het die intensiteit wat 12 cm Stoppel laat, in alle gevalle die hoogste produksie gelewer.Keywords
This publication has 1 reference indexed in Scilit:
- An Evaluation of Eight Methods of Botanical Analysis on Grasslands in RhodesiaJournal of Applied Ecology, 1970