Veldtoestand en neiging in Kalahari‐duineveld onder ‘n ekstensiewe veeboerderystelsel

Abstract
Plantopnames is gedurende 1970 tot 1985 in die Kalahari‐duineveld (Acocks, 1975; Veldtipe no. 16a4) op die proefboerdery‐eenheid Massakloutjie in Noordwes‐Kaapland onderneem. Reënval het gedurende die proefperiode gewissel tussen 111 mm (1982–83) en 593 mm (1973–74). Die totale basale plantebedekking het gevarieer van 2,39 % (1983) tot 6,17 % (1977). Die voorkoms van periodes met hoë en lae reënval word weerspieël in die botaniese samestelling van die duineveld. Groep A spesies (afnemers/hooggewenstes) vorm die dominante komponent (tot 90 %) gedurende ‘n droë siklus, weens ‘n groter droogtebestandheid. In ‘n nat siklus vermeerder die Groep B, C en D spesies (toenemers/minder gewenstes en onge‐wenstes) vinniger as die Groep A spesies en maak tot soveel as 50 % van die botaniese samestelling uit. Weens die sikliese aard van die botaniese samestelling (relatiewe bedekking) vorm absolute bedekking van spesiegroepe ‘n meer betroubare maatstaf van relatiewe veldtoestand as botaniese samestelling. Geskikte plantopnametegnieke vir die Kalahari‐duineveld word be‐spreek. Daar is aangetoon dat onder ‘n realistiese veelading ‘n ekonomies vatbare veeboerdery in die duineveld bedryf kan word, sonder dat die hulpbron beskadig word.

This publication has 2 references indexed in Scilit: