Die invloed van geslagsverskille op die aanvaarding van infertiliteit

Abstract
Die hoofdoelstelling van hierdie ondersoek was om die aard van geslagsverskille ten opsigte van aanvaarding van infertiliteit na te gaan. As proefpersone het 118 blanke infertiliteitspasiënte (59 egpare) gedien. 'n Persoonlike onderhoud van semi-gestruktureerde aard, is as meetinstrument gebruik, waartydens vrae oor die invloed van infertiliteit op die huweliksverhouding, asook oor emosionele reaksies wat met die ontstaan en duur van infertiliteit gepaard gaan, beantwoord moes word, 'n Aansienlike persentasie van die onder-houdsveranderlikes het beduidende verskille tussen die geslagte opgelewer. In die algemeen blyk dit dat, in vergely-king met die manlike groep, infertiliteit 'n groter negatiewe uitwerking op die gedrag van die vroulike groep gehad het sodat verwerking en aanvaarding van infertiliteit by die vrou baie moeiliker plaasgevind het.

This publication has 8 references indexed in Scilit: