Abstract
Die subhabitatvoorkeure van sewe grasspesies en die nie‐grasagtige kruide, tipies van die Suuragtige‐Gemengde Bosveld, is in agt kampe, wat verskillende langtermyn‐beweidingsbehandelings ontvang het, ondersoek. Twee subhabitatte is geidenti‐fiseer, nl. onder borne en tussen bome. Verskille in die subhabitatvoorkeure van die verskillende spesies is gevind en beskryf. Die invloed wat die verskillende langtermyn beweidingsbehandelings op die teenwoordigheid en subhabitatvoorkeure van die betrokke grasspesies en nie‐grasagtige kruide gehad het, is geidentifiseer en bespreek. Dit blyk dat Panicum maximum die belangrikste grasspesie is waaraan meer aandag gegee sal moet word vanwee die gras se voorkeur aan die bedekte subhabitat, hoe produksiepotensiaal en gevoeligheid vir weidingsbestuur. Op grond van hierdie bevindings word die toepassing van bos‐beheer, sonder die nodige inligting vir hierdie spesifieke veldtipe, bevraagteken.