Abstract
Uittreksel Skaap tot beesverhoudingsproewe uitgevoer op die voormalige Landbounavorsingstasie Athole oor ‘n proeftydperk van 12 jaar word beskryf. Veertien behandelings is toegepas bestaande uit ses verskillende skaap tot beesverhoudings elkeen waarvan op twee verskillende maniere gebrand is. Hierbenewens is daar twee addisionele bemeste behandelings, en elke behandeling is as ‘n vierkampstelsel uitgevoer. Dit is duidelik dat die produksie per skaap toeneera namate die skaap tot beesverhouding vernou. Die gebruik van oordeelkundige brandtye het gelei tot ‘n verhoogde produksie per skaap in die geval van die wyer skaap tot beesverhoudings, terwyl verskille hierin rain uitwerking gehad het op die produksie per bees. Plantopnames het baie min verskille in die plantsamestelling tussen die verskillende skaap tot beesverhoudings getoon, terwyl die gebruik van bemesting dit sterk beïnvloed het.

This publication has 0 references indexed in Scilit: