Evapotranspirasie in drie plantgemeenskappe van ‘nRhigozum trichotomumhabitat te upington
- 1 January 1988
- journal article
- research article
- Published by Taylor & Francis in Journal of the Grassland Society of Southern Africa
- Vol. 5 (2) , 80-84
- https://doi.org/10.1080/02566702.1988.9648115
Abstract
Evapotranspirasie in drie plantgemeenskappe van ‘n R. trichotomum habitat, naamlik, suiwer gras, suiwer R. trichotomum en ‘n gemengde stand van R. trichotomum en gras is gedurende die 1985–86 groeiseisoen bestudeer. Drie persele van elke plantgemeenskap is hidrologies geisoleer, besproei en die grondwaterinhoud is oor tyd met ‘n neutronvogmeter gemeet. Evapotranspirasie is met behulp van die grond water balansvergelyking bereken. Die grasgemeenskap het gedurende die groeiseisoen deurgaans meer water verbruik as die R. trichotomum gemeenskap. Die waterverbruik van ‘n digte stand R. trichotomum is wel hoog genoeg om die vestiging van grasse onder normale reënvaltoe‐stande feitlik onmoontlik te maak. Die onderdrukkende effek van R. trichotomum op grasproduksie, asook van ‘n digte grasstand op die groei van R. trichotomum word bespreek.Keywords
This publication has 1 reference indexed in Scilit:
- The effect of tebuthiuron on the vegetation of the thorn Bushveld of the Northern Cape – a preliminary reportJournal of the Grassland Society of Southern Africa, 1985