Abstract
Aangesien daar nog weinig navorsing in die RSA rakende die verwantskap tussen geinsgrootte, geboortevolgorde en toetsprestasie uitgevoer is, word 'n redelik omvattende literatuuroorsig van wat elders bevind is, aangebied. In die huidige studie is die effek van gesinsgrootte en geboortevolgorde op toetsprestasie (die agt toetse van die Aanlegtoetse vir Skoolbeginners) ten opsigte van 'n verteenwoordigende steekproef van 1792 Kleurlingskoliere in sub A ondersoek. Die Kleurling is vir hierdie ondersoek gekies omdat daar 'n besonder groot aantal groot gesinne by hulle aangetref word. Slegs een van die agt toetse, naamlik toets 2 (Ruimtelik) het 'n algehele F-waarde opgelewer wat beduidend op die 1%-peil is. 'n Moontlike verklaring waarom slegs in genoemde geval positiewe resultate verkry is, word aangebied. Die ondersoek steun die bevindinge van onder andere Eysenck & Cookson (1970), naamlik dat daar 'n beduidende verwantskap tussen gesinsgrootte en toetsprestasie bestaan, dog nie tussen geboortevolgorde en toetsprestasie nie. In die geval van die Kleurlinge blyk dit dus dat groot gesinne wel in 'n mate nadelig is so ver dit sekere soorte toetsprestasies betref. 'n Aanbeveling in verband met verdere navorsing word gemaak.

This publication has 24 references indexed in Scilit: