Abstract
Die vraag of Sielkunde as wetenskaplike projek gefaal het, hou verband met die Sielkunde as teoretiese wetenskap en word bevestigend beantwoord. Na 100 jaar as selfstandige wetenskap is die Sielkunde nog steeds 'n preparadigmatiese wetenskap. Dit word toegeskryf aan die voorrang wat natuurwetenskaplike metodiek, die Cartesiaanse dualisme wat die kanker van die Sielkunde is, en aan die feit dat die sielkundige nie met sy priměre belewing van die fenomeen van ondersoek begin nie, maar met konstruksies van die werklikheid wat on- krities uit (meesal) die natuurwetenskappe oorgeneem word. Geen een van die drie hoofrigtings en ook nie strukturalisme of sisteemteorie is in staat om 'n paradigma te lewer nie en dit word aan die hand gedoen dat daar weer eens na die filosofiese antropologie gekyk en weer besin word oor die ware aard van die sielkundige studieveld. Dat 'n fenomenologiese of hermeneutiese sielkunde wel 'n paradigma kan lewer, word as moontlikheid gestel.

This publication has 2 references indexed in Scilit: