Die evaluering van 'n huweliksvoorbereidingsprogram
- 1 September 1992
- journal article
- research article
- Published by SAGE Publications in South African Journal of Psychology
- Vol. 22 (3) , 140-146
- https://doi.org/10.1177/008124639202200305
Abstract
Die toenemende huweliksverbrokkeling en egskeiding onder blanke Suid-Afrikaners wek reeds die afgelope paar dekades kommer by persone in die hulpverleningsprofessies. Die doel van hierdie ondersoek was om 'n Afrikaanse huweliksvoorbereidingsprogram, wat teoreties op die algemene sisteemteorie gebaseer is en waarbinne bepaalde gedragsterapeutiese en kliëntgesentreerde konsepte geïntegreer is, binne psigo-oplei-dingskonteks toe te pas ten einde die kort- en langtermyn effekte daarvan te bepaal. Die Solomon-viergroep navorsingsontwerp is in die ondersoek gebruik en 40 voornemende egpare het daaraan deelgeneem. Objek-tiewe beoordelingskale sowel as selfrapporteringsvraelyste is as meetinstrumente aangewend. Uit die eksperimentele evaluering van die huweliksvoorbereidingsprogram blyk dit dat die verloofde pare wat onderskeidelik aan die program deelgeneem het en nie deelgeneem het nie, op die korttermyn sowel as die langtermyn beduidend van mekaar verskil het. Die program het dus beter huweliksaanpassing en vaardighede tot gevolg gehad. Hierdie verskil geld vir al die veranderlikes wat geëvalueer is, te wete verhoudingsaanpassing, empatiese begrip, kommunikasievaardighede, positiewe versterking, konflikhanteringsvaardighede en intimiteit. Verder is bevind dat die effekte van die huweliksvoorbereidingsprogram oor die langtermyn konstant gebly het.Keywords
This publication has 19 references indexed in Scilit:
- An economical observational measure of couples' communication skill.Journal of Consulting and Clinical Psychology, 1984
- A theoretically derived model of premarital intervention: The building of a family systemClinical Social Work Journal, 1982
- Do Marriage Preparation Programs Really Work?: A Canadian Experiment*Journal of Marital and Family Therapy, 1980
- Relationship enhancement with premarital dyads: A six-month follow-upThe American Journal of Family Therapy, 1980
- Behavioral Marriage Therapy: I. A Psychodynamic‐Systems Analysis and CritiqueFamily Process, 1978
- The Topography of Marital Conflict: A Sequential Analysis of Verbal and Nonverbal BehaviorJournal of Marriage and Family, 1977
- Behavior exchange theory and marital decision making.Journal of Personality and Social Psychology, 1976
- Reciprocity counseling: A rapid learning-based procedure for marital counselingBehaviour Research and Therapy, 1973
- Marriage research and conflict: An integrative review.Psychological Bulletin, 1970
- Estimation of the Reliability of RatingsPsychometrika, 1951