Abstract
Daar bestaan ‘n dringende behoefte aan ekonomies geregverdigde kostes wat as riglyne kan dien vir bosbeheer in die Molopo‐gebied. In hierdie referaat word so ‘n bedrag beraam. Navorsing het bewys dat bosverdigting, benutbare veldproduksie vir beeste laat afneem met ongeveer 970 kg droe materiaal per hektaar. Dit het ‘n afname in weidingskapasiteit van 8,7ha/GVE tot 45,8 ha/GVE tot gevolg. Met hierdie inligting as uitgangspunt, is ‘n ekonomiese ontleding van bosbeheer teen verskillende bosdigthede gedoen. Inkomste (11,76 %) en koste (15,68 %) is jaarliks vir 20 jaar aangepas en is vir dieselfde periode verdiskonteer na netto huidige waarde teen ‘n koers van 12 %. ’n Rekenaarmodel is ontwikkel om te bepaal hoeveel koste aangegaan kan word om bos teen verskillende digthede en oor verskillende effektiewe behandelingsleeftye te beheer.

This publication has 1 reference indexed in Scilit: