Die invloed van bosveldbome op die produktiwiteit vanpanicum maximum:’N voorlopige verslag1

Abstract
Uittreksel In hierdie studie is ondersoek ingestel na die invloed van vier belankrike bosveldbome, naamlik, Acacia Senegal, Acacia tortilis, Boscia albitrunca en Combretum apiculatum op die verspreiding en en produktiwiteit van Panicum maximum. Die studie is in twee fases uitgevoer: deur middel van veldproewe in die Laar‐ Krokodilrivier‐vallei, noord‐wes van Thabazimbi, en in die glasbuise van die Potchefstroomse Universiteit. In die veld is opnames deur middel van strookpersele uitgevoer om die verspreiding van Panicum maximum in assosiasie met bogenoemde boomsoorte na te gaan. In die glasbuise is die groeivermoë van Panicum maximum in grondmonsters wat onder die vier boomsoorte versamel is met dié van grondmonsters wat in oop dele versamel is vergelyk. Die invloed van ligte graad van beskaduïng en twee verskillende vogpeile op die groeivermoë van die proef plante is ter‐selfdertyd ondersoek. ‘n Proef is ook uitgevoer om die groeivermoë van Panicum maximum by toedienings van verskillende peile N, P en K by grond wat in oop dele versamel is te ondersoek.